Lok voëls na u tuin met Inheemse Struike

divider

Indigenous and fynbos

Lok voëls na u tuin met Inheemse Struike

Plante lok voëls met hul nektar, blomme, vrugte en saad en deur insekte aan te lok, wat nog ’n voedselbron vir voëls is.

Hier is ’n paar van ons gunstelinge om voëls te lok :

  • Aalwyne – voorsien nektar aan ’n groot verskeidenheid voëls en die groter plante is ook gewild by voëls wat nes maak daarin.
  • Kaapse kanferfoelie (Tecoma capensis) – is ’n baie gewilde struik wat massas blomme voortbring wat nektar-etende voëls en insekte lok.
  • Gifboom (Acokanthera oppositifolia) – is ’n immergroen struik wat wit blomme in die lente dra, gevolg deur persswart bessies. Sowel die blomme as bessies lok voëls.
  • Kruisbessie (Grewia Occidentalis) – is ’n immergroen struik wat lilapienk blomme dra, gevolg deur kruisvormige vrugte (lyk soos miniatuur Paasbolletjies). Die vrugte bly maandelank aan die plant en dié struik is dus ’n betroubare spens vir voëls in die somermaande.
  • Koppiesdagga (Leonotis leonurus) – dra oranje of wit blomme in die herfs. Die nektar van dié blomme lok voëls en insekte.

Shop online

divider