Kweek u eie Prei
Kitchen gardening
Kweek u eie Prei
Prei is ’n lid van die ui-familie. Dit is maklike groente om in u tuin te kweek en sal die meeste grondsoorte verdra. Saai nou preisaad en u sal ’n goeie oes hê, gereed vir wintersop en bredies.
Stap vir stap gids hoe om u eie prei te kweek :
- Prei is die perfekte groente vir kleiner oop kolle in u tuin, aangesien dit kompak is en regop groei.
- Saai prei op ’n sonnige, beskutte plek waar die grond goed dreineer. Spit genoeg grond uit en voeg baie mis en misstof by ’n week voordat u saai.
- Saai die saad in rye, 30 cm van mekaar. Die saad moet in vlak vore wat omtrent 1 cm diep is, gesaai word. Bedek met grond en maak goed nat.
- Wanneer die saailinge elkeen ’n paar blare het (omtrent vier weke later), dun dit uit om een plant elke 15 cm te laat. Die saailinge wat u verwyder het, kan elders herplant word.
- U prei sal binne 10-12 weke gereed wees om geoes te word, net betyds vir wintersop. Lig dit versigtig met ’n vurk uit die grond sodat die plante rondom nie beskadig word nie.
Het u geweet? Prei was die gunsteling-groente van die Romeinse Keiser, Nero, wat dit ingeneem het in sop of olie omdat hy geglo het dit is voordelig vir sy stemkwaliteit.
You might also like
Shop online
-
- Sale!
ZANTEDESCHIA SUNSET PASSION BULBS
- Original price was: R89.99.R62.99Current price is: R62.99.
- Add to cart Learn More
-
PLASTIC WINDOW BOX VERSILIA GREEN 40CM – 60CM
- R179.99 – R279.99
- Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page Learn More