Kruie – Salie
Kitchen gardening
Salie
Salie (wetenskaplike naam salvia officinalis) kom van die Latynse woord “salvare”, wat beteken “om gesond te maak”. Dit is ’n besonder gepaste naam, aangesien salie ’n hele klomp helende eienskappe het en help om van seerkeel tot insekbyte te verlig. Só kweek ’n mens hierdie mooi, immergroen meerjarige.
Plantwenke :
- Salie groei die beste in volson in sanderige grond wat goed dreineer. As u kleigrond in u tuin het, plant salie liefs in ’n pot op ’n sonnige patio.
- Salie is ’n geharde plant, maar hou nie daarvan om te dikwels water te kry nie.
- Salie groei tot ’n hoogte van omtrent 30 cm en het grys, fluweelagtige blare en fyn blou blommetjies in die lente.
- Salie is ’n uitstekende metgeselplant vir aarbeie, wortels en kool.
Gebruike :
- Trek salieblare in kookwater en gebruik die “tee” as ’n mondspoel- of gorrelmiddel vir die verligting van seerkeel en mondseertjies.
- Haal die steek uit insekbyte deur vars salieblare daarop te vryf.
- Salie gaan goed saam met kaas, botterskorsie, pampoen en vark. Salie-en-uievulsel is heerlik in gebraaide hoender.
You might also like
Shop online
-
- Sale!
AMARYLLIS CHRISTMAS STAR BULBS
- Original price was: R99.99.R69.99Current price is: R69.99.
- Add to cart Learn More
-
Ficus Lyrata
- R129.99
- Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page Learn More