Kruie – Komkommerkruid
Kitchen gardening
Kruie – Komkommerkruid
Komkommerkruid (ook bekend as sterblom) is ’n geharde, waterwyse krui wat 60-100 cm hoog groei. Dit het heelwat gebruike in die kookkuns, maar word hoofsaaklik gekweek vir die hoë inhoud van gamma-lineolinieksuur (GLS). (GLS word erken as ’n natuurlike raat vir PMS.) Dit dra massas stervormige blou blomme en kan baie versprei – dus moet dit baie plek hê of gereeld teruggesnoei word.
Plantwenke :
- Vir die beste resultate moet komkommerkruid op ’n sonnige plek geplant word waar die grond goed dreineer.
- Spit genoeg grond uit en werk baie kompos in. Saai die saad in die grond en laat onbedek – dit het lig nodig om te ontkiem. Maak goed nat.
- Wanneer saailinge vorm, dun uit tot omtrent 30 cm van mekaar.
- Komkommerkruid is ’n jaarplant, maar dit vervaardig nuwe saad en sal weer van vooraf groei sonder dat u veel hoef te doen.
Gebruike :
- Komkommerkruid is die hoogste plantaardige bron van GLS – omtrent 20%. Maak ’n tee van die blare en blomme om die simptome van PMS, menopouse en warmgloede te help verlig.
- Die blomme, wat na heuning proe, is een van die enigste eetbare blou plante. Dit word dikwels gebruik om nageregte te garneer.
- Die blare, wat soos komkommer smaak, word dikwels in slaai gebruik en om geur aan eierdisse te gee. In Pole word dit gebruik om suuragurkies te geur.