Inheemse Mites Blootgelê
Indigenous and fynbos

Inheemse Mites Blootgelê
Dis eintlik ongelooflik om te hoor hoeveel stories in omloop is oor ons inheemse plante. Hier is die doodhou – ’n pragtige veralgemening wat alles oor dié idees saamvat.
Inheemse tuine het nie water of snoeiing nodig nie en hulle haat kunsmis. Inheemse tuine lyk soos die veld; die plante is yl, vaal en stadiggroeiend. Daar is nie baie soorte inheemse plante beskikbaar nie en dit beperk ontwerp tot hoogstens ’n yl ‘bosveldsjiek’ met doringbome, Aalwyne en rotstuine.
Smaadlik! Lasterlik! Gelukkig het die arme plante nie prokureurs nie! Byna enige plant sal yl en vaal begin lyk as dit geen versorging kry nie. Ons inheemse skoonhede (waaronder fynbosplante) waardeer ook ’n bietjie liefde en aandag: ’n bietjie voeding, snoeiing af en toe om dit vorm te gee en water (wanneer moontlik) in droë tye dra alles by tot ’n wenresep.
Inheemse tuine kan ontwerp word in enige styl, van welig tropies tot fyn landelik, tot formeel gevorm – al beperking is u verbeelding! Die waarheid oor inheemse tuinmaak is dat dit baie soortgelyk is aan ander soorte tuinmaak. Inheemse plante is beskikbaar in elke vorm en grootte om elke doel en behoefte te pas. Die goeie nuus is dat Stodels ’n indrukwekkende verskeidenheid te koop aanbied.
U sal nie so hard werk soos in u roostuin nie en die meeste van u plante sal Suid-Afrika se omgewingsuiterstes verdra, maar vir die beste resultate, moet u steeds u plante deur moeilike tye versorg.
You might also like
Shop online
-
NIP IT CONTROL 200G
- R199.99
- Add to cart Learn More
-
- Sale!
PORTULACARIA AFFRA 10KG
- Original price was: R199.99.R149.99Current price is: R149.99.
- Add to cart Learn More
-
FLY RE-USEABLE TRAP
- R229.99
- Add to cart Learn More