Hoe om Bougainvilleas te plant

divider

DIY and how-to

A bougainvillea branch laden with papery flowers in white and bright pink against a blue sky.

Hoe om Bougainvilleas te plant

Jong bougainvilleas in plastieksakke het baie broos wortelstelsels wat maklik beskadig kan word in die plantproses, wat tot gevolg kan hê dat die plant sukkel om te groei.

Hier is ’n vinnige en maklike manier om u Bougainvilleas te plant :

  • Sit die bougainvillea-plant (wat nog in die kwekerysak is) in ’n gat in grond wat goed voorberei is.
  • Maak seker die plant is op dieselfde diepte in die grond as wat dit in die sak was.
  • Sny die sykante van die sak versigtig vertikaal op vier plekke deur.
  • Vul versigtig die gapings waar die splete in die sak gesny is, met grond – maak seker die grond om die bol wortels val nie af nie.
  • Sit ekstra grond by om die plant stewig in posisie te hou en maak goed nat.
  • Daar het u dit – ’n gelukkige, onbeskadigde plant wat u vir seker jarelank met pragtige blomme gaan beloon.

Shop online

divider