Kruie – Roket
Kitchen gardening
Roket
Roket kom oorspronklik van suidelike en sentraal-Europa (waar dit bekend is as arugula of rucola). Dit is ’n geharde jaarplant, maar saai ditself en sal waarskynlik elke jaar in u tuin opkom as u dit eers eenkeer geplant het.
Plantwenke :
- Kies ’n sonnige plek en maak seker dat die grond goed dreineer. Spit die grond goed deur en werk ’n groot hoeveelheid kompos in ’n dag voordat u saai. Maak goed nat en hark die grond gelyk.
- Saai roketsaad 1 cm diep in rye wat 30 cm van mekaar is. Maak goed nat en hou die grond klam om te verhoed dat die plant te gou saad skiet.
- Wanneer die plante ongeveer 15 cm hoog is, dun dit uit en gebruik die afgeknipte blare in u slaai.
- Knyp die blomme en saadknoppies af sodra dit verskyn – dit sal u oes roketblare verleng.
- Hoe ouer die blare is, hoe sterker is die smaak, wag dus langer voordat u oes as u liewer ’n redelike pepersmaak wil hê.
Gebruike :
- Roket gee ’n onmiddellike byt wanneer dit by ander slaaiblare gevoeg word. Die smaak word bestempel as peperig, neuterig en pikant.
- Voeg roketblare by Italiaanse pastageregte net voor u dit opdien om ekstra skop daaraan te gee.
- Vir ’n meer getemperde smaak, stoom roket liggies en sit dit voor in die plek van spinasie.
You might also like
Shop online
-
- Sale!
ZANTEDESCHIA PETERS PRIDE BULBS
- Original price was: R89.99.R62.99Current price is: R62.99.
- Add to cart Learn More
-
MILI CUBE POT
- R199.99 – R599.99
- Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page Learn More